Chinese Nuwejaar

Chinese Nuwejaar
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   春節
Vereenvoudigde Chinees   春节
Pinyin Chūnjié

Die Chinese Nuwejaar,[1] ook bekend as die Lentefees of Maannuwejaar, is ’n belangrike feesdag in moderne China wat aan die begin van die tradisionele Chinese maansonkalender gevier word. Vierings duur gewoonlik van die aand voor die eerste dag tot met die Lanternfees op die 15de dag van die eerste kalendermaand. Die eerste dag van die nuwe jaar val op die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie. In 2020 was die Maannuwejaar op Saterdag 25 Januarie 2020; dit was die begin van die Jaar van die Rot.

  1. 中國古代歲首分那幾種?各以何為起點? [In ancient China, how to decide the starting point of a year?] (in Chinees). Central Weather Bureau. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 26 Januarie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne